BASIC

Voorbeeld van BASIC

BASIC is 'n hoëvlak programmeertaal. Die naam is 'n akroniem wat staan vir Beginners All-purpose Symbolic Instruction Code. Die oorspronklike BASIC is ontwerp in 1963 deur John George Kemeny en Thomas Eugene Kurtz te Dartmouth Kollege om toegang te bied tot programmering aan studente wat nie vertroud was met hierdie wetenskap nie. Rondom hierdie tyd is die gebruik van rekenaars beperk tot wetenskaplikes en wiskundiges omdat dit nodig was om doelgemaakte sagteware te skryf. Die taal het wye aanklank gevind onder die mikrorekenaargemeenskap in die 1970's en word toe ook wyd gebruik op tuisrekenaars in die 1980's. BASIC is tot vandag toe nog baie gewild, alhoewel dit voorkom in ietwat ander gedaantes.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search